Maar êrens tussen spreadsheets en vergaderings het hy ook sommer teëls gelê, kombuisdeure aangesit, ’n Normatec-spreekkamer gebou, n lessenaar gebou, ligte ingesit, reggemaak en weer reggemaak (want iemand het per ongeluk die verkeerde skakelaar gedruk)
En toe kom die groot avontuur: Die dek.
Die dek het gelyk soos iets uit ’n “voor en ná”-program… maar slegs die “voor”. Die meeste mense sou sê: “Laat ons maar ’n kontrakteur bel.”Johan het gesê: “Wag… bring net die koffie.”