Wanneer mense geneig is om in die winter koue, pynlike “wintersvoete” te kry, sien ons gereeld dat twee Normatec-behandelings per week — reeds voor die winter begin en dan deur die seisoen — help dat daar baie minder, of selfs geen wintersvoete voorkom nie. By pasiënte met neuropatie merk ons soms dat, met twee sessies per week oor ongeveer ’n maand, gevoel begin terugkeer of die ongemak merkbaar verminder, al reageer elke persoon natuurlik anders. Mense met swaar, pynlike bene weens spatare ervaar dikwels dat gereelde behandelings verligting bring en dat die bene ligter voel. En vir dié wat heeldag op hul voete is en saans sukkel met swelling en ongemak, rapporteer baie dat hulle ná Normatec-sessies minder geswelde voete en meer gemak teen slaaptyd het.Normatec voel so lekker omdat dit help om spierstyfheid en spierseerheid te verminder, en herstel ná oefening of ’n lang dag vinniger kan laat gebeur. Die ritmiese drukgolwe bring suurstofryke bloed na die spiere en ondersteun ook limfatiese dreinering, wat help dat oortollige vloeistof en swelling minder word. Terselfdertyd kan dit buigsaamheid en gewrigsmobiliteit verbeter. Dit is nie pynlik nie — net ritmies, ontspannend - vir baie pasiente is dit so kalmerend dat hul eintlik lomering raak