Hierdie diens is vir pasiënte wat nie na Quick Care Clinic kan kom nie, byvoorbeeld bedlêende pasiënte. Dit sluit behandeling van bedsere, wonde en voetsorg in. Tuisbesoeke word hoofsaaklik uitgevoer deur Sr Lerè Stander met die hulp van Mariska op Dinsdae oggende en Michelle op Vrydae oggende of Sr Jolandi Blom wanneer Sr Lerè nie beskikbaar is nie.Die pasiënt of ’n naasbestaande kontak Quick Care Clinic om die besoek te reel. Ons kan ongelukkig nie ’n spesifieke tyd vir die besoek gee nie, aangesien dit afhang van die pasiënt se posisie op die lys en die roete in die dorp. Mediese fondse kan in die meeste gevalle gebruik word; anders word kontant of kaart aanvaar. Geen rekeninge word uitgereik tensy dit vooraf met die praktykbestuurder gereël is nie.